Dooie bok in Southridge gevind

Deel hierdie storie / Share this story

’n Dooie boerbok is vanoggend langs die pad in Southridge gevind. Dit is nie bekend hoe die bok dood is nie.

Op die oog af lyk dit of die bok se nek gebreek is. Dit is nie die eerste keer dat FiND iT ingelig word dat dooie diere langs die pad gelaat word nie. In Oktober vanjaar het FiND iT klagtes ontvang van ’n skaapkarkas wat langs die pad gestort is.

Weet jy van iemand wat dooie diere langs die pad laat? Het jy onlangs ’n dooie dier langs die pad gesien? Sttur ’n e-pos aan [email protected]