Zozibini Tunzi (26), Mej. Suid-Afrika, het Suid-Afrika trots gemaak toe sy Sondag 8 Desember in Atlanta as Mej. Heelal gekroon is. Tunzi is as Mej. Heelaal uit meer as 90 deelnemers van oor die hele wêreld verkies. Die glansryke gebeurtenis was in Tyler Perry Studios in Atlanta gehou. Sy is as die 68ste Mej. Heelal gekies.
Zozibini het die beoordelaars geboei met haar natuurlike teenwoordigheid op die verhoog en ’n wen-glimlag sowel as haar trotse Suid-Afrikaanse modes.
Toe sy gevra word wat die belangrikste ding is wat ons vandag vir jong meisies moet leer, het Zozibini aan die gasheer, Steve Harvey, gesê: “Ek dink die belangrikste ding wat ons vandag vir jong meisies moet leer , is leierskap. Dit is iets wat vir ’n lang tyd by jong meisies en vrouens ontbreek is. Nie omdat ons dit so wil he nie, maar as gevolg van wat die samelewing vroue bestempel het. Ek dink ons is die magtigste wesens ter wêreld en dat ons elke geleentheid moet gebruik. Dit is wat ons hierdie jong meisies moet leer. Om ruimte in te neem. Niks is so belangrik soos om ruimte in die samelewing in te neem en jouself te verstig nie. ”
Zozibini Tunzi is die derde Mej. Suid-Afrika wat die Mej Heelal-kroon opeis. Sy is ook die eerste Miss Universe wat die splinternuwe “Power of Unity” -kroon dra, wat na raming R73 miljoen werd is.




