VERENIGDE KONINKRYK – Sifiso Mazibuko, ’n oud-Kimberliet, het die BroadwayWorld UK-prys vir die beste akteur in ’n West End-vertoning in Londen gewen.
Hy het dié prys vir sy rol as Aaron Burr in die musiekspel Hamilton verower.
Volgens die Sunday Times was Mazibuko ’n voormalige junior burgemeester van Kimberley en het gesê hy wou aanvanklik ’n advokaat of ’n politikus wees, maar die akteursgogga het gebyt.
Hy het in 2011 tot 2012 in verskeie advertensies vir OUTsurance, Cotlands, Globe-flight en Pick n Pay opgetree.
Mazibuko het sy debuutverskyning in die Afrikaanse rolprent Pretville in 2012 gemaak.
Sy bydrae as akteur sluit in:
- Sweet Charity (2006),
- Ragtime (2007),
- I love you, You’re Perfect, Now Change Urinetown (2008),
- The Full Monty in die VSA as die karakter Horse (2009)
- Shaka Zulu The Musical (2010),
- Dream Girls The Musical (2011) en ‘n toer na China as sanger en danser vir die produksie African Footprint in 2012.
- The Mystery of Edwin Drood (herfs 2012) opgetree as John Jasper,
- The Visit by Frederich Durrenmatt (2013) as die pastoor,
- The Tempest deur William Shakespeare (2013) as Prospero en in die Italiaanse kontemporêre regisseur Emma Dante se Ballerini.






