As jy ’n gebore Kimberliet is, weet jy hoe Kerfees al die jare in die stad gevier was. Daar was kersliggies op elke lamppaal. Elke tweede huis was buite versier. Die strate was skoon en daar was kersliggies in elke parkie. Daar was niks lekkerder om as kind in die aand deur die middestad te ry en na die kersliggies te kyk nie.
Hoe voel jy oor hoe daar tans reggemaak word in Kimberley vir Kersfees? Vertel ons van jou gunsteling-Kersfeesherinneringe. Stuur ’n e-pos aan [email protected]



