Amiel van Heerden is 3 jaar oud. Hy bly in Kimberley saam sy ouers en boetie. Hy is in die Kleuterskool, Patroontjies. Hier is sy briefie aan Kersvader:
“Liewe Kersvader. My naam is Amiel, ek is ‘n hele 3 jaartjies oud en my ogies glinster omtrent as my mamma my van jou vertel.
Sy sê net die heel soetste kindertjies kry geskenkies van jou af en daarom het ek haar gevra om vir my hierdie briefie aan jou te skryf.
Ek was die hele jaar stroopsoet…. Behalwe vir die keer toe ek my boetie se hare getrek het en die keer toe my arms onverklaarbaar “lam” geword het toe ek my speelgoed moes optel….
Ek sou sê ek is ten minste heelwat soeter as my boetie (15)….
Kersvader, ek wil baie baie graag ‘n Paw Patrol speeding hê- hulle is my gunsteling karakters op TV!
Ek hoop my briefie kom vinnig daar by die Noord Pool aan en dat jy jou pad maklik Kimberley toe sal vind.”
Liefde: Amiel van Heerden.



