KIMBERLEY – Randall Hughes (51) is gister op 29 aanklagte, onder andere ontvoering, diefstal, ontbloting en verkragting, in die Kimberley-streekhof skuldig bevind.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die aanklagte van ontvoering, diefstal van motorvoertuie, roof, verkragting en die besit van gesteelde eiendom enkele van die aanklagtes is waarop die beskuldigde teregstaan.
“Die beskuldigde het al hierdie misdade tussen 6 April en 28 Junie 2015 in Kimberley gepleeg. Die goue Toyota Corolla wat hy in die pleeg van hierdie misdade gebruik het, is in die Wes-Kaap gesteel.”
Ramatseba sê tydens hierdie verskillende kriminele aktiwiteite het Hughes voorgegee hy is ’n goeie Samaritaan en het vrouens wat ryloop met dié voertuig opgelaai. “Die polisie het tydens ’n soektog op 22 Junie 2015 ’n aantal selfone en persoonlike besittings van klaers by Hughes se huis gevind.”
Hughes is op 4 Desember vir die volgende aanklagte voor die hof gevonnis:
- Aanklag 1: diefstal van voertuig – 5 jaar;
- Aanklag 3: verkragting – 10 jaar;
- Aanklag 4: diefstal – 3 jaar;
- Aanklag 5: ontbloting – 3 jaar;
- Aanklag 6: diefstal – 3 jaar;
- Aanklag 7: roof – 42 maande;
- Aanklag 9: poging tot ontvoering – 30 maande;
- Aanklag 10: roof – 42 maande;
- Aanklag 18: diefstal – 3 jaar;
- Aanklag 21: diefstal – 3 jaar;
- Aanklag 22: roof – 42 maande;
- Aanklag 24: masturbasie en ontbloting voor ’n volwassene – 3 jaar;
- Aanklag 25: diefstal – 3 jaar;
- Aanklag 26: roof – 42 maande;
- Aanklag 27: versuim om motorvoertuiglisensie te vertoon – 100 dae;
- Aanklag 28: besit van gesteelde goedere – 3 jaar;
- Aanklag 29: roof met verswarende omstandighede – 42 maande;



