’n Gesamentlike operasie tussen die Calvinia-polisie en misdaadintelligensie het positiewe vrugte afgewerp toe ’n dwelmhandelaar in hegtenis geneem is.
Gister, 4 Desember, het die polisie inligting ontvang oor vermeende dwelmhandel rondom Calvinia. Die inligting is onmiddellik geoperasionaliseer, wat gelei het tot die inhegtenisneming van die dwelmhandelaar. Die verdagte, ’n 47-jarige man van Kuilriver, is in besit van 50 Mandrax-tablette, 26 gram tik en R2600 kontant gevind. Die dwelms waarop beslag gelê is, word op R13 600 geskat.
Die stasiebevelvoerder van Calvinia, lt.-kol. Vincent van Wyk, het die lede geprys vir die goeie werk deur dwelmmiddels van die straat af te verwyder. “ Die ondersoek duur voort.”
Die verdagte sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Calvinia verskyn.



