Duisend verdagtes in FS in hegtenis geneem

VRYSTAAT – Die Vrystaatse polisie het verlede naweek ’n duisend verdagtes vir verskeie oortredings tydens Operasie ZizojikaIzinto in dié provinsie gearresteer.

Die volgende suksesse is in die provinsie aangeteken:

  • 275 verdagtes is vir kontakmisdade, onder andere moord, poging tot moord, verkragting en roof vasgetrek;
  • 36 is vir beskadiging van eiendom in hegtenis geneem;
  • 211 is vir drankverwante oortredings gearresteer;
  • 143 verdagtes is in hegtenis geneem vir algemene misdaad;
  • 255 verdagtes is in hegtenis geneem vir ander misdade soos rig van ’n vuurwapen, besit van gevaarlike wapens en huisbraak-implemente;
  • 86 is gearresteer vir diefstal en bedrog;
  • 38 vir eiendom verwante misdade;
  • Nog 33 verdagtes is in hegtenis geneem vir die besit van gevaarlike wapens.

Die polisie het beslag gelê op 16 ongelisensieerde vuurwapens, twee speelgoedgewere en 113 rondes ammunisie, 2.77 ton dagga, Tik, ecstasy, Kat en Mandrax, asook 23 kg koperkabels. Vyf gesteelde voertuie is teruggevind en 36 gesoekte verdagtes is opgespoor en gearresteer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *