Wat is perdeterapie? Hoe kan dit mense help?

Deel hierdie storie / Share this story

Weet jy wat equestrian therapy (perdeterapie) is? Baie mense weet nie wat dit is nie of het nog nooit daarvan gehoor nie. Perde word gebruik as hulpmiddel om die mens te help herstel. Dit is nie iets wat welbekend is nie, en tog is dit baie belangrik en baie gewild.

Hoe om hierdie terapie te gebruik

Ons leer deur ons sintuie, wat insluit, beweging, sig, klank, reuke en smaak. Baie leerprobleme word veroorsaak deur die brein se onvermoë om inligting wat ons van ons sintuie ontvang effektief te registreer, organiseer en interpreteer.

Die perd is nie net ’n dier vir kinders of volwassenes om te geniet nie, maar bied ’n veilige uitlaatklep vir hulle emosies. Beweging en swaartekrag is belangrik omdat dit gebruik word as kern vir ons ander sintuie. Wanneer mens op ’n perd is, word jy heeltyd blootgestel aan beweging en swaartekrag, terwyl jy fyn motoriese vaardighede en perseptuele motoriese vaardighede toepas. Perdeterapie ontwikkel ook mens se vermoë om te beplan en uit te voer.

Hierdie terapie is perfek vir kinders en tieners, sowel as soldate wat aan PTSD (post traumatic stress disorder) ly.

Hoe dit kan help?

Volgens connectionstrc.org gaan perdeterapie oor die ervaring van emosies en kognitiewe terapie. Dit bevorder ook sensoriese en motoriese vaardighede en sosiale interaksie, wat nuttig kan wees, of dit nou in die ontwikkelingsfase is of iemand is wat ’n ernstige besering opgedoen het. Dit kan ook jong mense met outisme help.

Hierdie praktyk is oop vir alle kinders en volwassenes wat aan fisiese gebreke ly of geestesongesteld is, maar ook vir diegene wat op soek is na ’n ander ontspanningstegniek. Dit word in die opelug, in ’n ontspannende atmosfeer aangebied, wat mens laat gemaklik voel en die kans gee om makliker te leer.