Petrol op met 11c, diesel af met 23c gedurende feestyd

SUID-AFRIKA – Motoriste kan verwag om 11c duurder vir petrol in Augustus te betaal. Dieselverbuikers kan ’n verlaging van 23c op die prys van diesel verwag.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) sê die rand-dollar-wisselkoers het gedurende November redelik stabiel gebly. Dit het tot ’n verlaging van 6% bygedra.

Die algehele uitkyk op brandstofpryse lyk egter buitengewoon, sê die AA. Oor die algemeen styg en daal die prys van petrol en diesel saam. 

Volgens die AA kan die prys van petrol moontlik met 19 sent styg, terwyl diesel met 18 sent per liter kan daal. Die amptelike brandstofpryse vir Desember sal later deur die departement van energie bekend gemaak word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: