HARTSWATER. – Drie verdagtes is vanoggend hier vasgetrek nadat hulle na bewering ’n G4S-voertuig wou beroof. Die vierde verdagte is nog op vrye voet.
’n Lid van die gemeenskap sê aan FiND iT die verdagtes wou vermoedelik ’n G4S-voertuig beroof, maar is in hulle spore gestop.
Die verdagtes het die voertuig na bewering by ‘n Pep-winkel in die Cosmic Gold-sentrum ingewag.
Die polisie het na bewering inligting ontvang en daarom kon hulle vinnig optree en die verdagtes in hulle spore stop.
Hier is ‘n video van die gebeure:



