Etzebeth se niggie met klip in gesig op snelweg gegooi

KAAPSTAD – Karla Etzebeth, ’n niggie van die Springbok Eben Etzebeth, het gesigbeserings opgedoen nadat kriminele haar motor se ruit op die N1-snelweg uitgegooi het. 

Wees paraat teen klipgooiers op snelweë 

Karla het Saterdagoggend met die N1 naby die M5 Koeberg-afdraai op pad huis toe gery het toe sy met haar lewe, maar met beserings in haar gesig, daarvan afgekom het toe haar voertuig met ’n klip gegooi was.

Volgens berigte sê sy was die M5-snelweg besaai met klippe toe sy omstreeks 03:00 vanaf haar werk in die Waterfront huis toe gery het. Sy het glo stadiger gery om die klippe te vermy toe vier mans haar motor met klippe bestook het.

“Een van die klippe het my venter getref en my in die gesig getref. Dit het so vinnig gebeur. Ek weet steeds nie hoe ek in die paniek die motor omgedraai het en daarin geslaag het om weg te ry nie.”

Die voorval is by die Bellville-polisiekantoor aangemeld.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: