Kragpaal op dorp omgewaai

RITCHIE – ’n Kragpaal is in 1ste laan op Ritchie deur die wind omgewaai.

Stoffel van Rensburg, ’n inwoner vandaar, het die kragpaal laasweek Woensdag aan Eskom gerapporteer toe dit glo nog net los was. Dit is intussen deur sterk wind omgewaai.

Van Rensburg sê dit skep nie net ’n gevaar vir diere en kinders wat in die gebied loop nie, maar kan ook ’n veldbrand veroorsaak. Hy is bekommerd omrede die veld baie droog is.

Volgens Van Rensburg het Eskom belowe om die probleem op te klaar. Hy sê egter teen 14:00 was dit nog nie herstel nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: