KIMBERLEY – Wilhelmina Thirion Garção, wenner van Kokkedoor 2019, het ’n heerlike sjokoladekoek ten bate van Kansa se Toktokkie-projek gebak.
Andries van der Merwe van KANSA in Kimberley sê Wilhelmina is ’n rolmodel vir elkeen in die gemeenskap.
Hy sê in die verlede het Toktokkies van deur tot deur geloop, maar dit is nie altyd meer veilig om dit te doen nie.
Du Preez doen ’n beroep op elkeen om ’n Toktokkie te wees by hul werk of in die gemeenskap.
Die lootjie-trekking vir ’n wenner van die koek het gister omstreeks 16:00 plaasgevind.











