ROODEPAN – Nog ’n beskadigde kragpaal by Primêre Skool Lucretia hou gevaar in vir dié gemeenskap.
’n Bekommerde lid van die publiek het ’n foto daarvan aan FiND iT gestuur. Die oorsaak van die skade is nog onbekend.
FiND iT het navraag by die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen.




