“Boot parties en dwelms” in Libertaslaan

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Inwoners van Libertaslaan in Royldene lewe in vrees en is raadop oor “boot parties”, drank en dwelmmisbruik in hulle straat.

Voertuie stop daagliks enige tyd van die dag en nag by dié gemeenskapspark in vir onsedelike redes onder andere drink, dwelmmisbruik en self seks in die openbaar.

So sê Gerard van der Watt en Jacques Cilliers inwoners van dié straat.

Drink en partytjie in die oggend ure op weeksdae

Van der Watt het gisteroggend voor 06:00 ’n bestuurder voorgekeer nadat hulle die enjin van hulle motor “gerev” het. Hulle het glo vroeg die oggend saam met vrouens daar gestop om te drink. 

Hy het die bestuurder aangespreek omdat dit onwettig is om in die openbaar te drink.

Van der Watt se horlosie is in die voorval deur een van die passasiers afgevat. Hy het die bestuurder se sleutel afgevat om te verhoed dat hy wegry. Die polisie is ontbied.

Volgens Van der Watt kon die polisie drank aan die persone ruik. Die bestuurder het intussen glo sy prokureur gebel wat op die toneel opgedaag het.

In ’n video van die voorval beskuldig die bestuurder en sy prokureur vir Van der Watt van rassisme. 

Die polisie het die bestuurder toegelaat om te ry.

Inwoner deur park besoekers omgery

In ’n vorige geval het ’n persoon wat glo onder die invloed was, vir Van der Watt omgery. In ’n video wat deur sekuriteitskameras opgevang is, kan gesien word hoe Van der Watt vir sy lewe uit die pad uit spring terwyl die bestuurder teen ’n spoed agteruit ry en mis ook net sy vrou en gaste wat by hulle gekuier het.

Chirurg verhoed om werk te doen

Cilliers het aan FiND iT vertel dat dit ’n groot probleem vir sy vrou skep wat ’n chirurg by ‘n plaaslike hospitaal is. 

In verskeie gevalle kon sy nie vir ’n noodoproep uitgaan hospitaal toe nie nie omdat dit onveilig was vir haar.

Cilliers sê die mense wat daar partytjie hou, besef nie hulle speel met die lewens van mense wat dringende nood operasies moet ontvang nie. 

Geraasmakers kom weer

Beide Cilliers en Van der Watt is albei militêre veterane. Hulle sê hulle het nie ’n probleem met enigeen wat van die park wil gebruik maak nie solank hulle die inwoners respekteer en nie ’n geraas maak nie.

Van der Watt is egter bekommerd vir sy veiligheid nadat die bestuurder hom na bewering gedreig het dat hulle sal terugkom.

FiND iT het navrae by die Kimberley-polisie ingedien, maar het nie betyds vir publikasie terugvoering ontvang nie.

Dwelmhandel glo op sekuriteitskameras opgeneem

Hoe voel jy oor die parke in Kimberley?

Stuur vir ons jou mening oor die gebruik of misbruik van parke in die stad. Kontak FiND iT by [email protected] of WhatsApp by find-it.co.za/whatsapp/michael.