KIMBERLEY – André Joemat, waarnemende bestuurder van ER24, sê die brand is vir eers onder beheer.
“Die mense kom nou almal uit. Ons was hier om seker te maak niemand het seergekry nie. Dit brand is nou onder beheer.”
Brandbestryders het van oraloor Kimberley gekom om hand by te sit om die verwoestende brand op die Samariapad te blus, nadat die brandweer ‘n beroep op die gemeenskap gedoen het vir hulp.
Pieta Serfontein, eienaar van Hancor, het 3000 sakkies water en koeldranke vir die brandbestryders afgelaai. Baie brandbestryders was dors en moeg.
Riaan Janse van Vuuren, van die brandweer, vra boere om hom te skakel om te laat weet hoeveel hektaar het gebrand. “Die brand is nou onder beheer, maar ons doen ‘n opname.”
Skakel van Vuuren Donderdagoggend vanaf 08:00 by 053 835 5555 met terugvoer oor die brand.















