*opgedateer: Lede is 20:30 uitgelaat.
KIMBERLEY. – Lede van die provinsiale wetgewer word glo vasgekeer in die wetgewer-gebou.
‘n Familielid van een van die lede, wat weens moontlike viktimisasie nie genoem wil word nie, sê dié lede word al sedert 16:00 binne-in die gebou vasgekeer.
“Nehawu-lede blokkeer die hekke. Hulle kan nie uit nie.”
Johan Smit, lid van die VF+, sê lede van die VF+ was ook vanmiddag vir omtrent twee ure deur skoonmaakpersoneel vasgekeer.



