KRUGERWILDTUIN – Vyf verdagtes is Saterdag in die Malelane-gebied van die Krugerwildtuin vir renosterstropery in hegtenis geneem.
Isaac Phaahla, woordvoerder vir die Nasionale Krugerwildtuin, sê die arrestasie volg nadat vyf verdagtes in besit van vars geslagte renosterhorings gevind is.
Beslag is gelê op ’n kombi, jaggeweer met ‘n hoë kaliber, ammunisie en stroper-toerusting.
Die verdagtes gaan binnekort voor ’n hof verskyn. Die ondersoek duur voort.



