Bloedige warm weer vanaf Woensdag

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Bloedige warm weertoestande en temperature van meer as 37°C word vanaf Woensdag hier aangedui.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens waarsku teen ’n hittegolf wat dele van Suid-Afrika later in die week gaan tref. Temperature van 40°C kan moontlik verwag word.

’n Gevaar vir veldbrande word tans vir die groter Noord-Kaap-gebied aangedui.