TEXAS – ’n Modieuse Westerse rotslang wat spog met unieke merke wat soos ‘n groot sonbril en ‘n Movember-snor voorkom, maak opslae nadat dit in Texas gesien is.
Texas Parks and Wildlife het die foto’s van die taamlik stylvolle reptiel wat deur Karlie Gray geneem is op hulle Twitter-profiel gedeel.
Gray het aan ’n plaaslike koerant gesê sy het die slang twee keer in een week in dieselfde gebied gesien.




