Momentum Friendship Games reën uit

Deel hierdie storie / Share this story

Die vierde Momentum Friendship Games het gister by Yorkshire krieket gronde, Galeshewe, tussen Hoërskool Noord-Kaap en Yorkshire RPC afgeskop.

Ongelukkig het die wedstryd in die helfte uitgereën.  

Gerrit Muyburg, van Hoërskool Noord-Kaap het aan FiND iT gesê die wedstryd het in die helfte uitgereën en is heeltemal afgelas. “Die wedstryd gaan nie voort gaan nie.”

Standard Bank Yorkshire RPC: 108/8 na 20 boulbeurte.
Hoërskool Noord-Kaap het 109 lopies nodig gehad vir oorwinning.

Het jy enige skole nuus? Stuur ’n whatsapp aan 0818934677 of ’n epos aan [email protected]

Foto’s: Cricket South Africa