August 4, 2021

Aksieplan vir boere na bek-en-klouseer uitbreek

NOORD-KAAP – Die Noord-Kaapse departement van landbou het maatreëls vir boere in dié provinsie ingestel na bek-en-klouseer in Limpopo uitgebreek het.

Zandisile Luphahla, woordvoerder vir landhervorming, landbou en natuurbewaring, sê dit volg nadat die siekte op 1 November op ’n plaas in die Molemole-munisipaliteit in Limpopo bevestig is.

Die siekte versprei hoofsaaklik deur die vervoer van siek diere na ander gebiede. Die veiling van lewendige vee is tydelik in Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en Noordwes opgeskort.

Luphahla sê die kommer is egter dat daar ‘n toestroming van diere uit die geaffekteerde provinsies ervaar kan word.

Die volgende maatreëls geld in die Noord-Kaap:

  • Boere word gemaan om streng biosekerheidsmaatreëls toe te pas.
  • Geen hoefdiere moet ingevoer word tensy die bron bekend is en die diere gesond lyk tydens die kliniese inspeksie nie.
  • Indien enige dier vermoedelik die siekte het, moet dit onmiddellik by die naaste staatsveearts aangemeld word.
  • Boere word verder aangeraai om aan te dring op ’n gesondheidsertifikaat wat die oorsprong en inspeksie van die kudde bevestig en bewys dat die diere vanaf ‘n gebied vry van bek-en-klouseer afkomstig is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *