Departement met R1 milj. bedrieg – man in hof

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – Lesego Stephens Mphake (40) het gister in die Kimberley-landdroshof verskyn nadat hy na bewering die departement van sport, kuns en kultuur uit R1 miljoen bedrieg het.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder vir die Valke, sê die verdagte was na bewering veronderstel om in Desember 2016 die Umsobomvu Jeugfees op Colesberg aan te bied, maar die geleentheid het nooit plaasgevind nie.

“’n Transaksie is aan die diensverskaffer gedoen vir ’n diens wat nie gelewer is nie en die departement het ’n verlies van R1 miljoen gely.”

Mnisi sê hierdie saak is na die ondersoekeenheid van die Valke verwys en het gelei na Mphake se inhegtenisneming op 19 November 2019.

“Die verdagte is borgtog van R20 000 toegestaan en die saak is tot 27 Januarie 2020 uitgestel.”