FNB-personeel gee nuwe skoene vir leerders

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Leerders aan die Groenpunt Primêre Skool in Greenpoint is vanoggend elk met ’n nuwe paar skoolskoene vir 2020 verras.

Personeel

Personeel van die Eerste Nasionale Bank (FNB) in Kimberley het besluit om ’n projek, waarmee hulle nuwe skoolskoene vir kinders koop, te begin. Hierdie projek is nie ’n projek van die bank self nie, maar kom uit die harte en sakke van personeel van al drie FNB-takke in Kimberley.

Hulle het genoeg geld bymekaargemaak om 28 pare skoene te koop. Hierdie skoene word aan die leerders, wat dit regtig nodig het, gegee.

Bevoorreg

Wian Immelman van FNB sê elke gemeenskap het ’n behoefte, maar Greenpoint het vir hulle uitgestaan. “Hierdie tyd van die jaar begin dink ons net weer aan hoe bevoorreg ons is.

Dankbaar

William Block, skoolhoof by hierdie skool, sê hulle is ongelooflik dankbaar vir hierdie gebaar, want dit neem van die druk en stres van die kinders en ouers vir 2020 af. “Dit gaan nie vir ons oor die hoeveelheid of die grootheid wat die gebaar nie. Ons het altyd ’n dankbare hart. Hierdie personeellede probeer ’n verskil maak en dit is fantasties.”