Nasorgjuffrou wat glo seun (13) verkrag uit op borgtog van R500

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN – ’n Nasorgjuffrou (28) by Laerskool Brandwag in Bloemfontein wat op aanklag van die verkragting van ’n 13-jarige seun in hegtenis geneem was, is op borgtog van R500 vrygelaat.

Volgens OFM het Johan de Vries, die staatsaanklaer in die saak, nie die beskuldigde se aansoek om borg teengestaan nie. Die naam van die onderwyseres mag nog nie bekend gemaak word nie.

De Vries het egter aan die landdros, Ryan Ishmail, gesê die staat is bewus van inligting wat die kern van die saak sal uitmaak. 

Luidens aantygings deur die verdediging het die onderwyseres en die seun alkohol by ’n plaaslike park gaan drink. Daarna het hulle na ’n woonstel gegaan waar die voorval plaasgevind het.

Die verkragtingsaak is tot 16 Januarie 2020 uitgestel.