Civic Motors se heropening ’n reusesukses

Deel hierdie storie / Share this story

Civic Motors, die vulstasie in Bultfonteinweg, se heropening, wat op Vrydag die 15de November plaasgevind het, was ’n reusesukses.

Pieter van Niekerk, eienaar van Civic Motors, sê die dag het baie goed verloop. “Civic fokus nou daarop om bestaande en nuwe kliënte aan te moedig om weer terug te kom en die fasiliteite, diens en produkreeks te kom beproef.”

Toekomsplanne

Civic Motors wil seker maak dat ou en nuwe klante toegang het tot die wydste reeks geriefsprodukte op ‘n 24 uur per dag basis. Ons luister graag na ons klante en verwelkom julle as deel van ons Shell- en Spar-familie.
Civic Motors beskik reeds oor puik Shell-produkte en -brandstowwe, ‘n Spar Express-geriefswinkel, Bean Tree-koffiewinkel, water bar, Chica Chicken, Real McCay-pasteie, biltongkiosk, groot reeks wegneemetes, snoepprodukte en kospakkies vir studente en skoliere en vele meer. Al hierdie gerief is op ‘n 7 dae per week, 24 uur per dag basis beskikbaar.