SUID-AFRIKA. – Die Ndlovu-jeugkoor, wat die harte van baie mense regoor die wêreld gesteel het, het vandag baie opwindende nuus met hulle aanhangers gedeel.
Dié groep het op hulle Facebook-blad gesê hulle is opgewonde om aan te kondig dat hulle die Hollywood Music in Media Awards vir die beste onafhanklike musiekvideo, vir hulle werk met Wouter Kellerman aan ’n Zoeloe-weergawe van Ed Sheeran se Shape of You, gewen het.



