Rottweiler loop in Royldene

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Rondloper Rottweiler is omstreeks 08:50 in Royldene deur ’n inwoner gesien.

Jeanine Boshoff‎ het ’n foto van die hond op ’n plaaslike Facebook-blad geplaas nadat sy die hond daar gekry het en gevra of enigeen weet wie die eienaar is.

Nedine Meissenheimer het op die plasing gesê dit lyk soos ’n hond wat by ’n huis in Jacobus Smit naby Pirates is. Kontak FiND iT by 0615226406, find-it.co.za/whatapp/michael of [email protected] indien jy enige inligting het wat kan help om die eienaar op te spoor.