WELKOM – Die polisie op Welkom ondersoek ’n saak na die onnatuurlike dood van Joe Vieira en sy vrou Goretti, mede-eienaars van die Sylvania Superspar in Jan Cilliers Park in Welkom.
Volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het Vieira die middag glo die liggaam van Goretti by hulle huis gevind en die owerhede ontbied.
By hul aankoms het die polisie vir Vieira buite die huis ondervra, waarna hy na binne gegaan het en na bewering selfdood gepleeg het.
Die ondersoek duur voort, sluit Thakeng af.



