Kimberley-skole sê oor nuwe seksvoorligting

Deel hierdie storie / Share this story

FiND iT het verskeie skole in Kimberley gevra hoe hulle voel oor die nuwe seksvoorligting-kurrikulum wat moontlik in 2020 geïmplementeer kan word. Lees hier wat die skole se reaksie was:

Eureka

Manie Verrynne, skoolhoof van Laerskool Eureka, sê: “In hierdie stadium kan ons nog geen uitspraak maak nie omdat die inligting nog nie aan ons beskikbaar is nie. Wat ek wel kan sê, is dat ons onderwysers nie opgelei is om seksvoorligting aan te bied nie en kinders is nie opgewasse daarvoor nie. Ek staan dit nie voor nie en ons onderwysers is ook nie bereid om dit aan te bied nie.”

Du Toitspan

Mr. Keeble, skoolhoof van Laerskool Du Toitspan, sê: “Ons is glad nie gemaklik daarmee nie. Ons het nog nie die onderwerp ten volle met die onderwysers bespreek nie. Ons wag vir ’n stil tyd na die eksamen om dit ten volle te bespreek.”

Elizabeth Conradie

Martha van Zyl, adjunkhoof van die laerskool by Elizabeth Conradie-skool, sê die skool gaan vertoë rig. “Ons stem glad nie saam nie.”

Kevin Nkoane

Mr. Samuels, skoolhoof van Kevin Nkoane Primary School, sê die skool het nog sover gee inligting van die departement af ontvang nie. “ Ons is gekant daarteen. Dit maak nie sin nie. Dit gaan nie statistieke afbring nie.”

Ongelukkig het alle skole in die stad nie terugvoer op FiND iT se opname gegee nie.