KURUMAN – Vier mans tussen 25 en 41 is by ’n wildsplaas naby Kuruman vir veediefstal in hegtenis geneem.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die polisie het op inligting reageer dat daar gesteelde skape by Dada-wildsplaas gehou word.
Die polisie het beslag gelê op 29 skape ter waarde van R70 000. Die vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle nie kon verduidelik hoe hulle aan die skape gekom het nie, sê Ramatseba.
Die beskuldigdes gaan binnekort voor die hof op Kuruman verskyn.





