Kuruman-buurtwag ontvang brandbestrydingsopleiding

KURUMAN – Die burgerregteorganisasie AfriForum se Kuruman-buurtwag het op 9 November brandbestrydingsopleiding ontvang. Altesaam tien buurtwaglede het die kursus bygewoon wat onderwerpe soos die oorsake van brande, die bestryding van strukturele brande, asook die bestryding van veld- en bosbrande gedek het.

“Hierdie opleiding is belangrik om doeltreffend hulp aan die owerhede te verleen tydens brande. Ons wil graag uitreik na die landelike gebiede om hulle by te staan tydens die bestryding van brande,” sê Paul Marais, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Kuruman-tak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: