15 leerders glo deur ’n 55-jarige verkrag

Deel hierdie storie / Share this story

BRITS – ’n 55-Jarige man van Bethanie naby Brits is in hegtenis geneem nadat hy glo 15 seuns tussen 7 en 11 verkrag het.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in die Noord-Wes, sê die verdagte is op 8 November gearresteer nadat ‘n onderwyser ‘n klag ingedien het.

Mokgwabone sê na bewering het die beskuldigde sy slagoffers met beloftes van geld na sy huis gelok waar hy hulle dan seksueel aangerand het.

Die verdagte het 11 November in die Brits-landdroshof op 15 aanklagtes verskyn. Hy sal tot 20 November in aanhouding bly, wanneer hy weer voor die hof sal verskyn. 

Die ondersoek duur voort.