Het jou babatjie dalk die rotavirus?

Foto: Pixabay

SUID-AFRIKA. – Het jou babatjie koors en ’n ontstelde maag? Beweeg hy stadig of reageer hy nie? Jou babatjie mag dalk die rotavirus hê.

Dr. Chantelle van der Bijl, die stigter van Bloem MomDoc, het op dié Facebook-blad gesê dat hulle reeds bevestigde gevalle van hierdie virus in Bloemfontein het.

Volgens Texas Medical Association is die rotavirus ’n virale virus wat diarree veroorsaak en dit is veral ernstig vir kinders onder die ouderdom van twee. “Dit kom meestal in die winter en lente voor en versprei maklik deur kontak met besmette ontlasting.”

  • Koors
  • Ontstelde maag/opgooi
  • Diarree
  • Swart of bloederige stoelgang
  • Stadig om te beweeg of reageer nie.

’n Gebrek aan water in die liggaam kan ’n droë mond, huil sonder trane, min of geen uriene, slaperigheid en gebrek aan beweging of reaksie veroorsaak.

In sommige gevalle kan die siektetoestand dodelik wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *