Toeris kritiek na minibus Kameelperd tref

Deel hierdie storie / Share this story

KRUGERWILDTUIN – ’n Sweedse toeris is Sondag omstreeks 11:21 kritiek beseer nadat ’n minibus-taxi ’n kameelperd suid van Mopani in die Krugerwildtuin getref het en dié op sy bakkie beland het.

Volgens ’n persverklaring deur Sanparke was die taxi met 13 dagbesoekers op pad na Letaba toe die ongeluk plaasgevind het.

Na bewering kon die taxi nie betyds vir die kameelperd stop wat oor die pad geloop het nie. Die kameelperd het op ’n huurmotor beland waarin die Sweedse toeris en sy passasier gery het. 

Die bestuurder van die bakkie is ernstig beseer en is deur ’n helikopter na ’n hostpitaal gebring. Sy passasier het ligte beserings opgedoen. Niemand in die taxi is ernstig beseer nie.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk. Sanparke waarsku motoriste om nie die aangewysde spoedgrens op die wildtuin se paaie te oorskry nie.