Jong man brutaal aangerand – nou ontslaan

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Duncan Thomas, die jong man wat verlede Maandagoggend brutaal aangerand is, is uit die hospitaal ontslaan.

Dié aanval het ongeveer 04:00 op die hoek van Shackletonstraat en Memorialweg plaasgevind.

Darryl Thomas, Duncan se pa, het op sy Facebook-blad gesê Duncan is uit die hospitaal ontslaan. “Ek bedank almal vir die besorgdheid en ondersteuning. Ek dank ook God en al die gebede wat vir Duncan uitgegaan het, waarsonder ek nie glo sy toestand so vinnig sou verbeter het nie.”

Thomas het ook op sy blad dankie gesê aan Veronica, Duncan se ma, vir haar toewyding op alle moontlike maniere.

Duncan is na bewering deur ’n groep mans van ’n bekende bende van die Greenpoint en Beaconsfield-area aangerand. Die foon wat hierdie bende wou steel, is in die proses heeltemal gebreek.