Britse sangeres Adele wys nuwe, slanker voorkoms

Deel hierdie storie / Share this story

Dié bekende sangeres (31) het na bewering ’n geskatte nege kilogram in ’n kort rukkie verloor nadat sy in April vanjaar van haar man, Simon Konecki, geskei is. Die paartjie het ’n 7-jarige seun, Angelo Adkins, saam.

Volgens US Weekly het Adele drie keer per week begin oefen. Sy doen 60-minute oefensessies, waaronder Pilates.

Mense op sosiale media bespiegel Adele se onlangse gewigsverlies is te danke aan haar egskeiding, maar US Weekly sê dit is nie waar nie. Sy wil gesond wees en ’n goeie voorbeeld vir haar seun stel.