Bekende Christenskrywer, motiveringspreker en huweliksberader, Gretha Wiid, gaan na bewering van haar man, Francois Wiid, wat glo ‘n buite-egtelike verhouding gehad het, skei.
Volgens Wiid se webtuiste is dit nie die eerste keer wat owerspel in hulle huwelik plaasvind nie.
Ds. Liesel Krause-Wiid, Gretha se skoonsuster, het aan Rapport gesê: “Ons harte is gebreek oor ons familie se seer. Ons sal bly bid dat die Here hulle toevou in sy liefde. Ons pleit dat die media en publiek Francois en Gretha se vier dogters se brose gevoelens in ag neem.”
Janis Ellis, Gretha se broer, het gister op Facebook ’n plasing gemaak waarin hy sê: “Aan diegene wat ons vandag ondersteun het, dankie uit die diepte van my hart. Aan diegene wat vandag genot uit ons pyn geput het, ek sien julle ook. Ons sal seëvier.”
Gretha het gisteraand haar stilte verbreek deur ’n Facebook-plasing te maak waarin sy sê: “Vandag kan ek weer getuig van hierdie waarheid. Dankie solank vir só baie van julle se ondersteuning, die eindelose liefde en boodskappe wat instroom en almal se gebede. I will not fear the fire. I serve the God of fire!” By die plasing het sy ’n foto gelas wat lees: ‘Some women are lost in the fire. Some are built from it.’

FiND iT het Gretha op verskillende platvorms probeer kontak, maar sy is nie beskibaar vir kommentaar nie.



