CHENGDU – Damian Bramley, skaatsplankryer van Kimberley, het die amateur afdeling by die FISE wêreldreeks skaatsplank-kompetisie in Chengdu in China gewen.
’n Handvol Suid-Afrikaaners het die land by die kompetisie verteenwoordig.
Shaun Burger het 15de plek in die profesionele afdeling behaal en het ook ’n toekenning vir die beste toertjie, die “nollie hard flip board slide” gewen.
Khule Ngubane en Brandon Valjalo, van Johannesburg, het dit tot in die finaal gemaak.
Ivan Monteiro, van Brasil, het die pro-afdeling gewen en gaan in Desember by die hoof-kompetisie in Kimberley te sien wees.

























