September 16, 2021

Student vind plantspesie

Foto: Facebook (Brian du Preez)

WES-KAAP. – ’n Universiteitstudent het ’n skaars plantspesie, die Psoralea cataracta, wat laas in 1804 gesien is, gevind.

Brian du Preez (26) is ’n student aan die Universiteit van Kaapstad wat vir sy Ph.D. in plantkunde studeer.

Hierdie plantspesie is na bewering een van die eerste spesies wat as gevolg van bosbou en landbou uitgeroei is. Navorsers het gedink hierdie spesie is uitgesterf.

Du Preez het tydens ’n onderhoud met CapeTalk gesê sy ontdekking in die Winterhoekberge naby Tulbagh het toevallig gebeur. “Ek was besig om vir spesies vir my Ph.D. te soek en het toevallig op die plant afgekom. Dit was ’n gevoel van vreugde, want ons het voorheen in ander gebiede naby Tulbagh na hierdie plant gaan soek, so ek het geweet na watter eienskappe om te kyk.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *