KIMBERLEY – 15 Gerapporteerde lekkasies stroom daagliks in ‘n radius van ‘n kilometer in wyk 25 terwyl die stad saans deur Sol Plaatje-munisipaliteit sonder water gelaat word.
Dit terwyl droogtetoestande groot druk op waterbronne regoor Suider-Afrika plaas en plant, mens en dier daardeur geraak word.
Rapporteer, maar nie herstel nie
Ockert Fourie, DA-raadslid van wyk 25, sê elkeen van die lekkasies wat in sy wyk tussen Herlear, Beaconsfield en Klisserville voorkom, is aan die munisipaliteit gerapporteer. Dit is egter nog nie herstel nie.
Waterverlies van meer as 20%
Die stadsingenieur het tydens ’n vergadering verlede week gesê die munisipaliteit het ’n direkte waterverlies van 20% uit ’n totale verlies van 50% oor ’n tydperk aangeteken. Lees ons vorige berig, Geen einde aan waterkrisis wek kommer – damvlakke krities laag.
Verbruikers gemaan om spaarsamig te wees
Fourie maan inwoners om water spaarsamig te gebruik terwyl die droogtes voortduur.
























