Premier se suster verloor geveg met kanker

KIMBERLEY – Bush Saul (44), suster van dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, is na ’n sewe maande stryd teen lewerkanker oorlede.

Die premier het die hartverskeurende nuus gisteraand op sy Facebook-blad gedeel.

“My suster en die blom van my familie, Bush Saul (1975-2019), het pas haar stryd teen lewerkanker verloor. Dit was ‘n lang sewe maande van ernstige pyn en bekommernis in en uit hospitale. Haar moed het ons ’n diepgaande les oor die kwesbaarheid van die lewe geleer.”

“’n Deel van my het saam met jou verdwyn. Rus in ewige vrede my suster,” sluit Saul af.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: