Geen vordering in PSIRA-saak teen sekuriteitswagte

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Sifiso Khumalo (36), wat op 4 Oktober by sy werksplek deur die polisie en ’n PSIRA-personeellid in hegtenis geneem is, se saak is teruggetrek.

By persele verwyder

Khumalo en Rodger Maphumo was albei by die persele waar hulle diens gedoen het toe hulle deur vier polisiebeamptes en ’n PSIRA-personeellid by die onderskeie persele verwyder is. Hulle is in hegtenis geneem omdat hulle glo nie by PSIRA geregistreer is nie.

Uitstel

Wickus Coetzee, eienaar van Scorp Security vir wie die wagte werk, sê die hof was nie bereid om ’n verdere uitstel aan die staat te verleen nie. “Dit blyk dat daar omtrent geen vordering met die ondersoek in die saak gemaak is nie. Die saak is dus voorlopig teruggetrek, maar kan weer op die rol geplaas word, sou die ondersoek voltooi word.”

Maphumo (36) sal op 11 November in die landdroshof hier verskyn.

Lees die vorige berig hier.