Stene en bottels in geblokte drein

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Sol Plaatje-munisipaliteit het ’n geblokte drein in Diamandpark oopgemaak. Boustene en bottels is onder andere in die drein gevind.

Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê inwoners moenie enige voorwerpe in die rioolpype gooi nie. Die doel daarvan is net vir riool en ander voorwerpe veroorsaak ernstige blokkasies.