WARRENTON – ’n Nadoodse ondersoek in ’n saak van die moord op ’n 86-jarige vrou op Warrenton het bevind sy was seksueel aangerand.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die bevinding volg op ’n nadoodse ondersoek nadat die slagoffer oor die naweek deur ’n gewapende man by haar huis op die dorp aangeval, beroof, verkrag en vermoor is.
Die verdagte het die slagoffer met ’n mes doodgesteek. ’n Televisiestel, vyf hoenders en vleis is uit die vrieskas gesteel, sê Ramatseba.
’n Intensiewe soektog na die verdagte is deur die polisie begin.
Enigeen met inligting wat die ondersoek kan help, kan vir konst. Clifford Visser, die ondersoekbeampte by 082 448 6340 skakel.



