Nog vier leeus vergiftig

Deel hierdie storie / Share this story

HARTBEESPOORTDAM – ’n Paartjie se vier leeus wat met die hand grootgemaak is, is hier vergiftig.

Hennie Pio, mede-eienaar van die Chameleon Village Lion Park, het aan FiND iT bevestig die leeus is Woensdagoggend dood gevind. “Ons het reeds ’n saak gemaak, maar wag nog vir die saaknommer.”

Twee leeumannetjies en twee wyfies is Dinsdagaand na 21:00 vergiftig. Volgens Pio is die draadheining stukkend geknip om toegang tot die erf te kry.

Pio het aan FiND iT bevestig dat die gif Two Step gebruik is om die leeus te vergiftig en die nadoodse ondersoek ook so gewys het. Dié gif word gereeld gebruik om honde te vergiftig.

Pio sê daar sal ’n grafsteen vir die leeus opgerig word.