KIMBERLEY – Jacques Tredoux, die uitvoerende hoof aan St Patrick’s CBC, is sedert vanoggend 07:00 ten bate van KANSA se Jail & Bail by die skool toegesluit.
Tredoux doen ‘n beroep op besighede en individue om te help om sy borgtog van R20 000 te betaal.
“Ek pleit by mense om ’n bedrae te maak. Dit is vir ’n goeie doel wat KANSA in staat stel om voort te gaan met die harde werk wat hulle in gemeenskappe doen. ”
Andries van der Merwe van KANSA in Kimberley sê hy daag enigeen uit om by die skool te stop om ’n donasie te maak.
Bankbesonderhede
Donasies kan by kan in die volgende KANSA-rekening inbetaal word:
CANSA Woodstock
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 1007511287
Takkode: 632005
Verwysing: KBLY J&B CBC




