300 renosters kort voer

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – “Renosters in die Kruger-wildtuin gaan vinniger dood as gevolg van die droogte as wat hulle doodgaan aan stropery.”

Dit is die woorde wat ’n boer in die Noord-Kaap-area aan Chris van Beljon, die stigter van Boere Droogtehulp SA, gesê het.

Wildboere

Renosterboere in die Noord-Kaap gaan swaar gebuk onder die voortslepende droogte. Van Beljon sê wildboere kry eintlik swaarder as skaap- en beesboere. “Wild eet net spesifieke kos en benodig spesifieke bale. Volstruisboere word ook as wildboere geklassifiseer, so hulle ontvang ook geen hulp vanaf die regering nie.

Renosters

“Daar is sowat 300 renosters, van verskillende boere in die area, vir wie ons voer vat. Een renoster vreet sowat 1,5 bale lusern, wat sowat R150 is, per dag. Ons het vandag die eerste vrag afgelaai, maar ons gaan konstant vir hulle voer moet bring.”

Van Beljon sê ’n boer van die Oos-Kaap, wat self baie swaarkry, het gesê die voer wat ons na hom toe sou neem, moet eerder ook na die renosters toe gaan.

Hulp

“Ons het baie hulp nodig om al die boere wat swaarkry te help,” sê hy.

Indien enigiemand meer inligting nodig het oor Boere Droogtehulp SA, kan Chris by 082 961 6620 gekontak word.