ROODEPOORT- Suid-Afrikaners reg oor die land is opgewonde vir die eindstryd tussen Suid-Afrika en Engeland in die rugbywêreldbeker komende Saterdag.
Laerskool Helderkruin in Roodeport het ’n video ten ondersteuning van die Springbokke vrygestel.
Luister na Riaan van der Watt, die waarnemende skoolhoof, die bokke sterkte toe wens. Hy sê die Suid-Afrikaanse rugbyspan is ’n inspirasie en maak die land trots.



